Featured Posts

Blog with us / Blog saam ons

Camembert Brood

Voorbereityd 20 minute Gaarmaaktyd 45 minute Jy benodig: 4 koppies broodmeel ½ teelepel sout 1 sakkie (10 g) kitsgis 1 teelepel suiker 2 koppies louwarm water 1 eetlepel oliebotter 2 heel (125 g) camembertkaaswiele SO MAAK JY: 1. Meng die meel en sout in ’n groot bak. Roer die gis en suiker in by 1 koppie louwarm water. Sodra dit begin skuim, kan jy dit in die middel van die meel inskink. Begin die meel en gis met ’n houtlepel meng en hou aan om bietjies water by te gooi totdat jy ’n taamlike klam maar kniebare deeg het. 2. Knie die deeg vir ’n paar minute, bedek dit dan met ’n vadoek en laat dit vir sowat 30 minute in ’n warm plek staan om te rys. 3. Smeer intussen ’n klein p

Maak 'n Kopskuif  deur Caroline Leaf

Wat jy dink, beïnvloed jou liggaamlike en emosionele gesondheid! Dis so waar. Vir 4 jaar was ek op anti-depressante en ongelukkig. Dokters kan party keer mens dinge laat glo wat nie noodwendig met medikasie reg gemaak kan word nie. Die boek het my lewe verander. Met ondersteuning van onlangse wetenskaplike en mediese navorsing gee Dr Caroline Leaf in Maak ’n kopskuif vir ons ’n Bybels gebaseerde voorskrif wat ons sal help om gesonder te leef deur ons denk­patrone te verander. Sy wys hoe ’n kopskuif ons in staat sal stel om gelukkiger, gesonder en meer vreugdevolle lewens te lei, ons doelwitte te bereik, ons lewe onder beheer te kry en selfs ons intelligensie te verhoog. Elke hoofstuk word af

Snowy en sy maats

Snowy En Sy Maats deur Angus Buchan Ek’s groot op lees en ek glo dat ouers ‘n liefde vir lees by hulle kinders kweek. Hier’s ‘n inspirerende boek om elke jong kind ‘n liefde vir lees te laat ontwikkel. Onthou, dis nooit te laat nie. Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy gunsteling perd Snowy. Snowy en sy vriende is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Snowy en sy maats deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe die lammetjie Mê, weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies, die haan, in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie. Elkeen van

The Vagabond - Frank Rautenbach

F rank Rautenbach het Suid-Afrika vir Los Angeles verlaat met sterre in sy oë. Na suksesvolle sukses met Egoli, 7de laan en films soos Geloof soos Aartappels en die Bang Bang-klub, het hy gedink die wêreld was sy oester. Na jare van probeer en meer as 10 000 kilometer rite na een mislukte oudisie na die ander moes Frank 'n behoorlike werk kry wat kos op sy tafel kon sit. Hy het uiteindelik 'n taxi bestuurder in Los Angeles geword, en toe die werk verloor. Uiteindelik het Frank ʼn kerk skoonmaker geword. Maar Frank het verraai gevoel, God het hom ʼn lewe van oorvloed belowe, waarom het hy dit nog nie ontvang nie? Frank het gevoel dat al God se beloftes tot niks gekom het nie, hy was kwaad en sk

Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Elan Global Radio
  • @ElanRadio