• Beatrice Grobler

Frikkadel Bolognaise


FRIKKADELBOLOGNAISE-GEBAK MET BASILIE-OLIE

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

Frikkadelle

550g boerewors, vleis uit die derm gedruk

Tamatiesous

15ml olyfolie

2 uie, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30ml tamatiepasta

2x 410g geblikte tamatiesmoor

10ml bruinsuiker

5ml gedroogde Italiaanse kruie

5ml growwe sout

5ml vars gemaalde peper

Pasta

15mlolyfolie

500g spagetti, gekook tot al dente

200g mozzorella kaas, gerasper

250g kersie tamaties

Basilie-olie

Handvol vars basiliekruid blare, fyn gekap

1 suurlemoen, versap, skil gerasper

60ml olyfolie

1 knippie sout

METODE

Voorverhit die oond tot 180̊ C

Bespuit bakplaat met kossproei (Spray/ Bake ‘n Cook) en hou ‘n tweede groot oondbak byderhand, ook bespuit.

Frikkies Rol okkerneurgrootte balletjies met die worsmaalvleis en pak op die bakplaat.

Oondrooster vir 10 min of tot gaar.

(Alternatiewelik kan gewone maalvleis volgens smaak gebruik word – braaispeserye, fyn naeltjies, droë soet basilie, koljander, sout en peper)

TamatiesousSit al die bestandele vir die sous saam in ‘n kastrolletjie.

Laat prut vir 10 min.

Pasta en Smeer die oondbak met olyfolie.

Frikkies Skep die spaghetti in en versprei egalig.

Skep die tamatiesous bo-oor.

Sprinkel die mozzarellakaas mildelik oor.

Pak die frikkadselletjies en kersie tamaties bo-op.

Cheddar of bloukaas kan indien na smaak liggies bo-op gerasper word.

Oondbak vir 15 min

Basilie-olie Meng al die bestandele vir die olie goed en skep op die gereg sodra dit uit die oond kom.

Sit dadelik voor.

Hierdie gereg word mooi gekomplimenteer met ‘n bier-, kaas- of karringmelkbroodjie.

Geniet dit!

(Met erkenning aan Esther Malan – Huisgenoot 25 Julie 2019)