• Beatrice Grobler

Moedersdag


Dis vandag Moedersdag. Of jy daarvan hou of nie. Of jy daaraan deel neem of nie. Die dag is uitgesit om elke Moeder dankie te sê vir wat sy beteken en doen. Almal weet dit. Party mammas word bederf en ander kry dalk nie eers ’n oproep nie. Party mammas geniet die aandag terwyl dit vir ander net nog ’n dag is, soos al die 364 ander dae van die jaar.

Terwyl baie mense dink dat Moedersdag deur die Jode uitgedink is om net meer sjokolade, blomme of duur juwele te verkoop, is die werklike ontstaan van Moedersdag eintlik baie prysenswaardig.

Anna Jarvis het in Philadelphia in die VSA gewoon. Haar Ma en ’n paar ander vroue, het baie hard gewerk om die gemeenskap meer gesondheidsbewus te maak. Haar ma het ook die Mother’s Friendship Event georganiseer wat daarop gemik was om die soldate te verwelkom wat terug gekom het van die oorlog af. Sy sterf en Anna oorreed haar ma se gemeente om op die herdenking van haar Ma se sterfdag “Moedersdag” te vier. Haar harde werk om dit te laat geskied word deur president Woodrow Wilson raakgesien en stel hy Moedersdag as ’n amptelike vakansiedag in op 9 Mei 1914. Moedersdag vier dus hierdie jaar haar 104e verjaarsdag.

Met die lees hiervan, kry Moedersdag skielik vir my ’n heel nuwe betekenis. Indirek beteken dit dat dit eintlik ’n dag is waariin vroue, van alle dele van die samelewing, geëer moet word vir wat ook al hulle bydrae tot die samelewing is. Maak nie saak of jy die bloed eie mamma van jou kinders is nie. Of jy die ander vrou se kinders in jou lewe toelaat nie. Of jy dalk net iemand is wat oor taal en velkleur grense heen kinders opvoed, lei en leer nie. Of jy dalk liewer net ‘n diere mamma is nie.

Moedersdag is vir elke vrou. Elke een wat met haar kennis en vermoë die lewe aanpak en betrokke is by kinders of ander mense. Jy hoef nie net ’n Ma te wees nie. Dalk sal die van ons wat nie die dag wil vier oor ons verskeie redes, die hele dag heroorweeg. Want dis nie hoekom die dag begin het nie. Nietemin wil ek aan elkeen wat vandag die stukkie lees, net sê: Geseënde Moedersdag


3 views