Tyd....

April 11, 2018

 Tyd.....waar gaan dit heen?

 

Vandag sit ek en my beste vriendin en koffie drink. Sy is ’n gekwalifiseerde maatskaplike werker, maar het nooit gepraktiseer nie. Eers die trou, vrou en ma wees ding gedoen, maar in 2015 het haar eie trauma haar in ’n nuwe rigting gedwing. Sy is nou ’n trauma berader by twee groot hospitale in Pretoria, met haar eie praktyk en ’n heel nuwe lewe op die rype ouderdom van 56. Ons werk uit dat ons mekaar nou al ongeveer 21 jaar ken.

 

Waar is al die tyd heen? Ons kyk na mekaar en kan in mekaar se oë sien hoe die jare afspeel. Onthou jy daai keer? Kan jy glo dis nou al tien jaar gelede? Wanneer het dit nou weer gebeur? Hoe oud was jy toe daai plaas gevind het? Onthou jy nog daardie persoon?

 

Sy moet ry om ’n vrou, wat net so oud soos sy is, te gaan haal en na ’n psigiater toe te neem. Die vrou is ’n alkoholis. Dis nie nodig dat sy dit doen nie, maar nietemin het sy ingestem om seker te maak die afspraak word nagekom.  Toe sy weg is, sit ek en wonder oor die tyd. Die tyd wat onder ons uitgehol het en ons nou in ons verskillende bootjies ingefoeter het. Sou ons nog dieselfde besluite geneem het as ons geweet het dat tyd so ongenaakbaar vinnig kan loop?

 

Die Bybel sê ons moet die tyd uitkoop. Wat presies het die skrywer daarmee bedoel? Want ek wonder nou of sal ons ooit genoeg geld hê om dit te doen. Of sou ons ooit ’n groot genoeg offer kon bring om tyd uit te koop?

 

Ek weet nie....ek weet net dat tyd vir nie een van ons wag nie. Tyd stap aan...teen ’n ongelooflike vinnige pas. Tyd is niemand se speelmaat nie. Tyd is kosbaar. Dis wraggies net ’n kwessie van tyd voordat die tyd uitgeloop het......

 

Tags:

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive