Wie is Beatrice?? Deur Lynelle Clark

February 16, 2019

 

 

 Vertel die luisteraars wie is Beatrice Grobler.

 

Beatrice is ‘n gewone vrou, gebore in Germiston in die 60’s en groot geword in die Oos Rand (Brakpan meestal). Gematrikuleer aan Hoërskool Hoogland in 1980. Ek het myself in die tekenbedryf begeef en het jare se vreugde daarin gehad. Later jare het ek meer korporatief in ‘n baie wye veld van maatskappye gegaan en vir die laaste 10 jaar bedryf ek my eie besigheid wat dienste aan maatskappye verskaf.

 

Ek het drie pragtige seuns en twee skoondogters. Hulle woon onderskeidelik in Turnbridge Wells, England, en in Edinburgh, Skotland en hier naby my in Centurion. Ek is baie gelukkig getroud met Manie.

 

 

 

 

Wat se stokperdjies beoefen jy, indien enige?

 

RADIO RADIO en RADIO… ek is baie lief om te skep, ek is lief om my tuin te ontwerp en te beplan, ek lees, luister an musiek in alle vorme, Ek hou daarvan om met dekor te speel, en oh jaaa om te kan verf en ‘n huis te kan “re-decorate.” Ek is nie ‘n vreeslike sport mens nie, maar ek is mal oor die buite lug en stap graag.

 

 

 

 

Wat laat jou lag?

 

Skoon humor…Suid Afrikaanse humor, die lewe, die mooi dinge wat elke dag om ons gebeur, ‘n lekker simpel fliek so af en toe, vir my kinders en hulle mannewales.

 

 

Wat beteken familie vir jou?

 

Onsettend baie, ek glo dat families deur die Here vir mekaar gegee is, dieselfde gene en bloed word deur families gedeel. Dis egter nie altyd aangenaam nie en soms wil mens maar wegskram, maar my onmiddelike familie is my anker en die spil van my lewe. Ek doen ook graag navorsing oor ons voorsate en familie geskiedenis en ek het al soveel interresante dinge ontdek.

 

 

Jou gunsteling vakansieplek en hoekom?

 

Ek is so lief vir alles, maar ek dink die see wen so klein bietjie. Die berge en see maak my altyd so bewus van die natuur se grootheid en bring ‘n rustigheid wat ons so nodig het. Ek hou daarvan om te reis so dit maak dit ‘n ideale vakansie. Die lekker van ontdekking nuwe/ou dinge, die belewenis en genot van reis.

 

 

Hoe voel jy oor ons land se toekoms?

 

Ek het gemengde gevoelens, my optimistiese hart en my geloof laat my vashou en vasbyt. Ek glo dat dit beter sal gaan, maar my alewige oor-rasionalistiese streep laat my met ander oë na alles om my kyk en dan sien ek die verval en agteruitgang, en dis wanneer ek wonder waarheen is ons op pad…na ‘n “Fools Paradise?”

 

Wat beteken dit on 'n Suid Afrikaner te wees in die huidige politieke klimaat?

 

Ek is en sal altyd ‘n Afrikaanse Suid Afrikaner wees. Ek is lief vir my land, en ek poog elke dag om my invloedsfeer te gebruik om ons land te help verbeter. Dis maar klein, maar as elkeen net sy deeltjie doen kan dit ‘n baie groot bal word wat net kan aanhou rol en impakteer.

 

Wat beteken jou verhouding met die Here vir jou?

 

Dis DIE belangrikste verhouding van my bestaan. Niks en niemand kom tussen my en die Here nie, ek word baie kere daaroor gekruisig maar dis wie en wat ek is, dis die Here wat my opstaan en my gaan slaap bepaal, dis SY wonderwerke wat ek elke dag van my lewe beleef, dis Sy Vaderhart wat my koester en liefhet, en wat van my Sy prinses en dogter maak! Ongeag!

 

Waar het die liefde vir radio begin?

 

Van 6 jarige ouderdom. Ek het altyd my eie radio gehad. My pa het daaraan geglo om ons bloot te stel aan radio, musiek, boeke, kuns ens. Ek het kleintyd al in my kamer kammakastig ‘n radio program aangebied. Ongelukkig het die lewe sy pad anders geloop en kon ek nie my droom uitleef nie, tot onlangs. En nou sal niks my meer kan keer nie.

 

Hoekom het jy met Elan Global Radio begin?

Eerstens omdat dit altyd my droom was en my Passie, en tweedens omdat ek weet dat dit ‘n “Bediening” is wat ek tot eer van die Here kan gebruik.

 

Wat is die oogmerke met Elan Global Radio?

 

Om soveel as moontlik mense te bereik vir God se koningryk. Om mense te kan vertel van Sy liefde en Sy vergifnis, Sy heling en vertroosting. As toerusting vir elke dag se lewe. Ek wil mense bewus maak dat daar ook ‘n ligter sy is en dat hulle die lewe mag geniet, regoor die wêreld!

 

Vertel ons van 'n besondere insident tydens die maak van 'n opname. Hetsy inspireerend, snaaks of dalk hartseer.

 

Ek het al soveel spesiale oomblikke beleef, dis werklik moeilik om net een uit te sonder. Ek dink dat elke onderhoud wat ek met mense gehad het, wat so ‘n passievolle verskil om hulle maak en wat so voluit leef en glo in dit wat hulle doen, maak elke uitsending so spesiaal.

 

Van Danica wat met “Shaken Baby Syndrome” saamleef en wat so vir haar maats by die skool bedien, tot by Charne Hugo die sangmaat van Rudi Claase. Wat ‘n sprankelende mens, wat ten spyte van die feit dat ‘n dokter se “Human error” haar beweeglikheid gekos het, tot by ons kanker survivors.

 

Sonja Smith wat onverpoos baklei vir die reg van ongebore babas…die opoffering om ‘n plek van veiligheid te skep vir wit plakkerskampkinders en oues van dae met Alzheimers en Dimentia. Die onverpoosde werk van Wetnose vir ons gebroke en weg gegooide diere. Die hartseer van menswaardigheid wat verlore gegaan het agv van misdaad en die uitdien van gevangeniskap. Die liefde vir die Here en sy sendingveld en die getuienisse wat daarmee saam gaan. Meer kan ek nie sê nie, elke onderhoud en elke program het iets spesiaal, heeltemal te veel om op te noem en om net een te kan uitsonder.

 

Ligter oomblikke, die aand wat ek nie besef het dat my mikrofoon oop is nie en ek en my man heerlik ‘n vet politiese gesprek gehad het.

 

Dan sorg my dierbare Skilderkat, Lexi altyd vir ligter oomblikke omdat sy weier om stil te bly en haar sê wil sê... kom wat wil!

 

 

 

Skakels

ELAN GLOBAL RADIO
Die Stasie Vir Passievolle Mense
https://www.elanglobalradio.com

 

GESELS MET ONS:
Web: https://www.elanglobalradio.com/
Faceboek: Elan Global Radio Kuier en Klets
Twitter: Elan Global Radio
Instagram: elan_global_radio
WhatsApp: 066 305 3580
Gaan kuier en leer meer van ons, blog saam en luister saam:
https://www.elanglobalradio.com/

 

SKAKEL IN:
SIMPLE RADIO App.
http://14123.live.streamtheworld.com/SAM04AAC125_SC
http://listen.samcloud.com/w/90758/EGR/?play=y#history
http://www.liveonlineradio.net/south-…/elan-global-radio.htm
http://radio.garden/live/centurion/elanglobal-radio/

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive