Ontmoet vir Riekie Knoetze

March 21, 2019

 

 

 

Vandag gesels ons met Riekie Knoetze, een van ons steunpilare hier op Elan Global Radio. Sy is die een wat sorg dat als glad verloop agter die skerms. Sy is soms streng maar die meeste van die tyd ‘n vriendin duisend. Maar ons wil weet wie is die merkwaardige vrou agter die mikrofoon.

 

Afgesien van ma, vrou van Johan, berader, en omroeper. Vertel ons asseblief wie is Riekie Knoetze nou eintlik?

Dit is presies wie ek is, omroeper en Bestuurder van Elan Global Radio, Berader en Pastoor soos die Here mense na my toe stuur. Huidiglik, in hierdie seisoen, soek Hy my agter die radio.

 

 

 

Waar kom jy oorspronklik vandaan?

Gebore in Pretoria. 38 jaar in Vanderbijlpark.

 

Deel jou familie in jou roeping as berader? 

My man staan 100% agter my en my suster ondersteun my heelhartig met my radio werk.

 

 

 

 

Hoe belangrik is jou familie vir jou en waste stokperdjies deel julle?

Dit is net ek en my man. Ons gaan vang graag saam vis en is lief om met die karavaan te gaan kampeer.

 

 

 

 

 

Wat is jou gunsteling wegkruipplek?

My grot. Hier doen ek alles. Dis ook my en God se heiligdom

 

  1. Noem vir ons al jou gunstelinge op:

    1. Skrif / Moto - Fil. 3:14 "Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoe roeping van God in Christus Jesus". Mense bly jou terugvat verlede toe, maar saam met God kyk ons net vorentoe.

    2. Boek - Bybel

    3. Lied – Hillsong – What a beautiful Name

    4. Gereg – Vrugte

    5. Drinkgoed - Water

    6. Is jy ‘n soet of souttand - Soet

    7. Hou jy van kook en bak? Nie een van die twee nie.

 

Jou liefde vir die Here is duidelik sigbaar op al die programme wat jy aanbied, vertel ons in ‘n paar woorde hoe dit gekom het dat jy die Here ontmoet het. 

 

Ek het grootgeword in ‘n Christen huisgesin. NG Kerk. Getroud – Hervormde Kerk en toe later terug NG toe. Het my hele lewe ‘n liefde vir die Here gehad en altyd in die een of ander vorm Bybelstudie gedoen. In 2006 begin ek dienste bywoon in die AGS Kerk en ek gee my hele lewe vir Jesus.

 

Hoe het jy beland by EGR?

Ek was vir twee jaar ‘n omroeper by Rainbow Gospel Radio en het daar vir Bea ontmoet. Die res is geskiedenis.

 

Wat staan vir jou uit as omroeper?

Om net te doen soos God se Gees my lei.

 

Jy het verskeie programme waarvan musiek ‘n groot aspek is. Vertel ons wat beteken musiek vir jou?

Gospel musiek is by verre my voorkeur, want deur musiek praat die Drie Enige God met my, maar ek is nog in die wêreld, al is ek nie van die wêreld nie en daarom geniet ek sekulêre musiek wat uit my kinderdae kom. Dit neem mens na plekke wat jy al vergeet het.

 

 

Hoe belangrik ag jy, “Gaan, wees ‘n visser aan alle mense,” in jou lewe?

Dit wat God my geroep het om te doen agter die radio, is nie beperk tot ‘n kerkgebou nie. God het my outoriteit gegee en my grondgebied vergroot om sy Woord uit te dra na die uithoeke van die wêreld.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive