Meer oor Belinda van Aswegen

May 24, 2019

 

 

Vertel ons in ‘n paar woorde meer van jouself.

My naam is Helene Belinda van Aswegen en ek is 62 jaar oud. Ek het tot bekering gekom in 1974 en na n baie op en af en terug gly ervaring, in 1990 weer my hart vir die Here gegee. So ek dien amper 30 jaar die Here. Ek was die enigste kind en ek het een dogter en 2 stiefdogters. My dogter, Ninon is amper 30 en sy dien die Here saam met my. Sy is getroud en sy het haar eie besigheid, ‘n Christelike dag spa.

 

My tweede man is Henning van Aswegen en hy is n skrywer. Ons is nou 6 jaar getroud.

Ek werk die afgelope 19 jaar in radio en was eers by Impact Radio in Pretoria vir 12 jaar. Daarna verskeie radio stasies in die Kaap waar ek lugtyd verkoop het, radioprogram en boekresensies uitgesaai het.

 

 

Waar kom jy oorspronklik vandaan?

Ek is in Pretoria gebore en het daar groot geword. Ek het 3 jaar in Potgietersrus gebly en daar gematrikuleer. Weer terug Pretoria toe om te swot.

 

Waar bly jy op die oomblik en geniet jy die dorp, hoekom?

Ek bly op die oomblik in Gordon’s Baai ‘n voorstad van Kaapstad. Eintlik ‘n klein kusdorpie aan die Ooste kant van Kaapstad. Dis wonderlik om by die see te bly en Gordon’s Baai is omring met die mooiste berge , die Helderberg wat deel is van die Hottentots Holland bergreeks. Ons sien Tafelberg se agterkant en die plek is beeldskoon.

 

Wat doen jy vir ontspanning?

Ek swem in die see, hou piekniek by die see en lees boekeby die dosyne. Ek skilder en teken ook graag en gee private swemlesse vir kinders vir ekstra geld.

 

 

Deel jou familie in jou omroeperskap? Brei uit asb

Ja, my dogter het al heelwat saam met my uitgesaai by ‘n program wat ek by DISA FM op Sondae uitgesaai het. Beide my dogter en ek het al vele radio advertensies gemaak wat landswyd speel. Ninon help my ook met die tegniese kant van opnames vir EGR.

 

My man het ook al boek resensies saam met my bespreek op Disa Fm en hy het ook al vele radio advertensies gemaak en sokker sowel as ander sport uitgesaai.

 

Hoe het jy beland by EGR?

My man het by iemand gehoor van EGR en ek het geluister en toe kontak gemaak met Bea.

 

 

Wat staan vir jou uit as omroeper?

Vir my is die belangrikste ding om een iemand wat luister se hart te bereik met nuwe moed hoop en insig.

 

 

Vertel ons wat beteken musiek vir jou en he gebruik jy dit in jou program / programme?

Ek het baie spesifieke musiek smaak en ek hou van ‘n modern aanslag.

Ek probeer dat die lirieke van die musiek by my tema pas soveel as ek kan.

 

Hoe belangrik is God in jou lewe?

Hy is my alles

 

Vertel ons ‘n goeie staaltjie van uit jou omroepers lewe.

Ek het nie regtig iets snaaks nie maar ek neem my Onder Sy vlerke program vooraf op en ek mag nie foute maak nie, want ek weet nie hoe om te edit nie. Snaakse goed wat gebeur het is dat al my diere by my lê wanneer ek opneem en dat een van hulle of albei so hard snork dat ek weer moet opneem. My man het ook al ingestorm en geroep/groet....dan moet ek weer van voor af begin.

 

Baie dankie dat jy vir ons so ‘n kykie in jou lewe gegee het, ons waardeer dit opreg.

Onthou om in te skakel en word deel van die EGR groep om meer van ons te leer.

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

November 22, 2019

November 22, 2019

August 24, 2019

August 2, 2019

Please reload

Archive