Teuns Moolman..kuier saam met hom!

May 24, 2019

 

 

 

Vertel ons in ‘n paar woorde meer van jouself.

Gebore in Pretoria, het groot geraak daar in die mooie Kaap, Mosselbaai en Hartenbos se wêreld. Het drie seuns, yslike lummels waarvan een alreeds uit die skool is, die ander ene in matriek en die kleintjie in Graad 10. Ek is oppad om twee “nuwe” kinders te erf wat altwee klaar uit die huis is, twee mooie dogters wat my aanstaande se kroos is.

 

 

Waar kom jy oorspronklik vandaan?

Soos ek gemeld het, eintlik van die Kaap af, dis waar my vormingsjare gebeur het. As ek daar kom op verlof, dan voel dit sommer of ek tuis gekom het.

 

 

Waar bly jy op die oomblik en geniet jy die dorp, hoekom?

Mens word op snaakse paaie gelei, ek bly in Krugersdorp, maar ek werk in Centurion en pendel elke dag heen en weer. Dis ‘n aardse dorp met goeie mense, ons is sterk betrokke met projekte in die minder gegoede areas wat ‘n omwenteling in ons geestelike wereld gebring het.

 

Wat doen jy vir ontspanning?

Ek hou daarvan om vlieers te vlieg, doen dit heel te min en baie dae is daar nie genoeg wind hier bo in Gauteng nie. Verder is ek baie betrokke met sang en musiek en het so halfwas bediening as ‘n seremonie monster. Verder is my kop in tegniese dinge en in die elektroniese wereld. Tussen ek en my vrou hou ons van kamp en ook om so nou en dan die veld in te vaar om na die wildslewe te gaan kyk.

 

 

Deel jou familie in jou omroeperskap? Brei uit asb

So in ‘n mate, ek word darem altyd op ‘n Sondagaand gevra of my goed vir my program reg is! Ek sien radio as deel van ‘n gemeenskap, so in die toekoms dink ek my vrou sal meer en meer betrokke begin raak. Sy het ‘n hart vir mense en ‘n groot bedieningsveld wat sy besig is om te verken en te ontdek. ‘n Jaar terug het sy nie eers uit haar eie met mense gepraat nie, nou bedien sy een op een en floreer in daardie omgewing.

 

 

 

Hoe het jy beland by EGR?

Wel, ek ken vir Bea en ons was saam by Radio Kuber Kontrei. Ek het beland by Kuber Kontrei deur ‘n vriendin van my, sy het ook my oorspronklik voorgestel aan die radiowese, dit is hoe ek aanvanklik by Radio Sarie beland het. So Bea het my maar net “inherit” hier by EGR.

Wat staan vir jou uit as omroeper?

Dat dit nie saak maak hoeveel mense luister of nie luister nie, wat saak maak is dat die stem wat jy in jou gees ronddra uiting moet kry in die gesproke woord, dit is waar geloof vandaan kom in jou wese

 

 

Vertel ons wat beteken musiek vir jou en hoe gebruik jy dit in jou program / programme?

Christelike musiek is alles, dit stem mense in, dit is ‘n universele taal wat met mense “praat”. Selfs al is dit instrumentale musiek sonder woorde, dit dra steeds gesag, outoritiet en salwing. Die Woord leer ons dat dit die salwing is wat die juk sal verbreek. My musiek keuse vir programme dra of ondersteun die onderliggende boodskap van my program. Ek stel nie belang of speel musiek vir luister genot nie, ek gebruik net musiek wat salwing dra.

 

 

Hoe belangrik is God in jou lewe?

Jare terug in ‘n manne gebedsgroep het iemand statistiek gedeel oor hoeveel manne bly volhou om die Here te dien. En soos mens ouer word, dat net ‘n fraksie van daardie getal op die pad bly en nie terug val nie. Ek het ‘n eed daardie more tussen my en die Here geneem dat ek altyd deel van daardie fraksie sal bly.

 

 

Vertel ons ‘n goeie staaltjie van uit jou omroepers lewe.

Ek is nog nie op die plek vir inbel programme nie, so meeste terugvoer is per epos. Maar vir my is die grootste wonder wanneer ek en ons predikant gedagtes wissel en uitruil, dat die preek van Sondag se notas ooreenstem met dit wat ek besig is om op die radio te behandel en te artikuleer. Waarop ‘n tannie in die gemeente toe nou wou weet of ek die Pastoor se notas gebruik en of hy myne gebruik vir sy preke. Dit was eerder beter gewees om stil te bly, want die tannie is die plaaslike nuusbron en sal defnitief nie na die pastorie se pappegaai kon omsien nie ………….

 

 

Baie dankie dat jy jou passie en lewe met ons gedeel het.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive