Finding I Am deur Lysa TerKeust

 

Finding I am deur Lysa TerKeurst

Hierdie boek is eintlik n studie boek met DVD sessies om jou te help. Lysa reis deur die strate van Israel en kom by kenmerkende plekke om te verduidelik waaroor God se ‘I am’ – stellings gaan en wat dit vir ons beteken. Deur hierdie interaktiewe, in-diepte studie sal ons gevoelens van leegheid en uitputting verruil word vir die volheid. Om te weet wie Jesus is soos nog nooit tevore nie. Die boek sal nie net die roeping in ons hart bevredig nie, maar dit sal ook ons kennis verbreed. Dit help ook om die boek van Johannes op n meer geestelike vlak te ervaar. Dis n vier dag studie met ‘n vyfde dag as opsionele opsie om te voltooi. Vind vryheid in moeilike omstandighede deur te leer hoe om van 'slawe mentaliteit' na 'vrye mentaliteit' te skuif. Vind uit hoe Jesus die sleutel tot bevrediging is deur die belangrike betekenis agter elkeen van sy ‘I AM’-stellings. Ruil gevoelens van leegheid vir die volheid om te weet wie Jesus is. Die boek is ‘n wonderlike geestelik groei boek. Nie net het ek vrede gevind in elke ‘I am’ stelling wat Jesus oor homself gemaak het nie, maar ek kan nou na Hom toe gaan en sê, “Maar U sê in U woord dat U die brood van die lewe is, – Jesus wees my brood – voed my met wat belangrik is elke dag.” Soms het ons n geestelike uitdaging nodig – dalk is die boek vandag joune. Lekker leer en groei.

 

Amazon /  Goodreads / Lifeway

 

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive