BESTANDELE:

 

Porsies hoender dye en boudjies met vel,

Butternut gewas en opgesny in hompige stukke met skil aan

Patats gewas en opgesny in hompige stukke met skil aan

Aartappels gewas en opgesny in hompige stukke met skil aan 

Geskilde uie in kwarte gesny

 

Daar is geen hoeveelhede verbonde aan die resep nie, jy voeg by volgens jou behoefte en smaak.

 

METODE:

 

Braai hoender in 'n braaipan in klein bietjie olyfolie of Coconut olie met bietjie Aromat of geursel van jou keuse maar nie vir lank nie, eintlik verbruin jy net die vel.

Gooi dan die hompige stukke groente bo - oor. Strooi enige "Roasted vegetable" speserye bo op en en bedrup met olyfolie.

Moenie roer nie die groente moet bo lê. Bedek en kook vir ongeveer 20 minute, hou dit egter dop. Draai die groente en hoender so een maal om sodat die hoender wat dan al hopelik mooi gebraai het en die groente nog "al dente" is bo kan lê en die groente onder.

 

Bedien met rys van jou keuse (Basmati is die lekkerste)

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive