MELKTERT JAFFLES

July 20, 2019

 

Resep met toestemming geplaas. 

Maak hierdie Heerlike...verskriklike lekker MELKTERT JAFFELS.

 

Maak eerste jou vulsel.

 

BESTANDELE

1 liter Melk

Suiker

Margarien

2 Eiers

Maziena. 

Koekmeel

Vanieljegeursel

Brood

 

VULSEL 

Kook 1 liter melk, 6 eetlepels suiker en 1 eetlepel margarien saam. Klits 2 eiergele saam met ‘n halwe koppie melk. Voeg dan 4 eetlepels mazeina en 2 eetlepels koekmeel daarby. Voeg by melkmengsel en roer aanhoudend om klonte te voorkom.

 

Klits eierwitte styf en laat staan eenkant. 

 

Wanneer dit styf genoeg is haal van stoof af. Vou 1 eetlepel vanielje en geklitse eierwitte daarin.

Laat heeltemal koud raak.

 

METODE

Smeer snye brood net aan die buitekante. Sit 1 sny in jafflepan en skep plus minus 2 eetlepels vulsel daarop. Sit ander snye met botterkant na buite en maak jaffelpan toe.

 

Laat aan albei kante bruin raak.

 

Haal van stoof af. Sit in bord en strooi kaneelsuiker oor aan beide kante.

 

GENIET ELKE KRUMMELTJIE.

Fotos behoort aan Kokkedoor Tessie Els Kemp.

 

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive