Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

 

FRIKKADELBOLOGNAISE-GEBAK MET BASILIE-OLIE

 

Genoeg vir 6 mense

Bereiding: 15 min.

Gaarmaak: 40 min.

 

Frikkadelle

550g boerewors, vleis uit die derm gedruk

 

Tamatiesous

15ml olyfolie

2 uie, gekap

4 knoffelhuisies, fyn gekap

30ml tamatiepasta

2x 410g geblikte tamatiesmoor

10ml bruinsuiker

5ml gedroogde Italiaanse kruie

5ml growwe sout

5ml vars gemaalde peper

 

Pasta

15mlolyfolie

500g spagetti, gekook tot al dente

200g mozzorella kaas, gerasper

250g kersie tamaties

 

Basilie-olie

Handvol vars basiliekruid blare, fyn gekap

1 suurlemoen, versap, skil gerasper

60ml olyfolie

1 knippie sout

 

METODE

Voorverhit die oond tot 180̊ C

Bespuit bakplaat met kossproei (Spray/ Bake ‘n Cook) en hou ‘n tweede groot oondbak byderhand, ook bespuit.

 

Frikkies         Rol okkerneurgrootte balletjies met die worsmaalvleis en pak op die bakplaat.

                        Oondrooster vir 10 min of tot gaar.

                        (Alternatiewelik kan gewone maalvleis volgens smaak gebruik word –                        braaispeserye, fyn naeltjies, droë soet basilie, koljander, sout en peper)

 

TamatiesousSit al die bestandele vir die sous saam in ‘n kastrolletjie.

                        Laat prut vir 10 min.

Pasta en        Smeer die oondbak met olyfolie.

Frikkies         Skep die spaghetti in en versprei egalig.

                        Skep die tamatiesous bo-oor.

                        Sprinkel die mozzarellakaas mildelik oor.

                        Pak die frikkadselletjies en kersie tamaties bo-op.

                        Cheddar of bloukaas kan indien na smaak liggies bo-op gerasper word.

                        Oondbak vir 15 min

 

Basilie-olie   Meng al die bestandele vir die olie goed en skep op die gereg sodra dit uit die oond kom.

                        Sit dadelik voor.

 

Hierdie gereg word mooi gekomplimenteer met ‘n bier-, kaas- of karringmelkbroodjie.

 

Geniet dit!

 

(Met erkenning aan Esther Malan – Huisgenoot 25 Julie 2019)

                       

 

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

August 24, 2019

August 2, 2019

August 2, 2019

July 20, 2019

July 20, 2019

Please reload

Archive