Camembert Brood


Voorbereityd 20 minute
Gaarmaaktyd 45 minute


Jy benodig:
4 koppies broodmeel
½ teelepel sout
1 sakkie (10 g) kitsgis
1 teelepel suiker
2 koppies louwarm water
1 eetlepel oliebotter
2 heel (125 g) camembertkaaswiele

 


SO MAAK JY:
1. Meng die meel en sout in ’n groot bak. Roer die gis en suiker in by 1 koppie
louwarm water. Sodra dit begin skuim, kan jy dit in die middel van die meel
inskink. Begin die meel en gis met ’n houtlepel meng en hou aan om bietjies
water by te gooi totdat jy ’n taamlike klam maar kniebare deeg het.
2. Knie die deeg vir ’n paar minute, bedek dit dan met ’n vadoek en laat dit vir
sowat 30 minute in ’n warm plek staan om te rys.
3. Smeer intussen ’n klein pot se binnekant met botter. Sodra die deeg in
grootte verdubbel het, knie jy dit weer af en vorm ’n plat sirkel.
4. Sit die twee wiele camembert in die middel van die deeg neer en vou die res
van die deeg bo-oor om dit heeltemal toe te maak. Knyp die deegrande
deeglik toe, anders gaan die kaas in die pot uitloop.
5. Sit die brood – soomkant na onder – in die pot. Laat dit vir 20 minute rys en
bak dit dan met ’n paar kole op die deksel vir sowat 45 minute oor matige
kole.
6. Dop die brood uit en laat dit ’n rukkie afkoel voor jy dit sny en saam met
konfyt as voorgereg geniet.
Kampvuur Kuier / BB

 

https://www.facebook.com/groups/magdaleen/

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

November 22, 2019

November 22, 2019

August 24, 2019

August 2, 2019

Please reload

Archive