Maak 'n Kopskuif  deur Caroline Leaf

November 22, 2019

 

 

Wat jy dink, beïnvloed jou liggaamlike en emosionele gesondheid!

 

Dis so waar. Vir 4 jaar was ek op anti-depressante en ongelukkig. Dokters kan party keer mens dinge laat glo wat nie noodwendig met medikasie reg gemaak kan word nie. Die boek het my lewe verander.

 

Met ondersteuning van onlangse wetenskaplike en mediese navorsing gee Dr Caroline Leaf in Maak ’n kopskuif vir ons ’n Bybels gebaseerde voorskrif wat ons sal help om gesonder te leef deur ons denk­patrone te verander. Sy wys hoe ’n kopskuif ons in staat sal stel om gelukkiger, gesonder en meer vreugdevolle lewens te lei, ons doelwitte te bereik, ons lewe onder beheer te kry en selfs ons intelligensie te verhoog.

 

Elke hoofstuk word afgerond met die kernpunte in die hoofstuk vir maklike naslaan en terugskouing as ook diagramme en illustrasies. Verder bied hierdie boek ook ’n praktiese 21-dag-brein­detoksplan wat jou lei om giftige gedagtes met gesondes te vervang.

 

Maak ’n kopskuif is bedoel vir almal wat nie meer ’n slagoffer van hulle gedagtes wil wees nie, maar hulle brein se volle potensiaal wil benut.

 

Vandag is ek bly ek’t ‘n kopskuif gemaak

 

Beskikbaar by Van Schaik Boekwinkel https://www.vanschaik.com/book/534967478ae64/

 

https://www.goodreads.com/book/show/25554253-maak-n-kopskuif

 

Kontak my gerus om jou resensie hier op die blog te sien en deel jou gedagtes oor ‘n boek wat jy gelees het.

Lynelle.elanglobalradio@gmail.com

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

November 22, 2019

November 22, 2019

August 24, 2019

August 2, 2019

Please reload

Archive