Snowy en sy maats

November 22, 2019

 

 

 

Snowy En Sy Maats deur Angus Buchan

 

Ek’s groot op lees en ek glo dat ouers ‘n liefde vir lees by hulle kinders kweek. Hier’s ‘n inspirerende boek om elke jong kind ‘n liefde vir lees te laat ontwikkel. Onthou, dis nooit te laat nie. Spring in die saal vir ’n prettige rit op die plaas saam met oom Angus en sy gunsteling perd Snowy. Snowy en sy vriende is baie lief vir Jesus en luister elke dag wanneer oom Angus sy Bybel lees en bid. Snowy en sy maats deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe die lammetjie Mê, weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies, die haan, in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie. Elkeen van die 11 stories word gekomplementeer met ’n teksvers en gebed. Kinders tussen 5 en 8 jaar sal ook hou van die prettige aktiwiteit, soos legkaarte, soek die verskille en doolhowe.

 

Beskikbaar by Cum boeke http://www.cumuitgewers.co.za/snowy-en-sy-maats-hardeband

 

Deel gerus jou gedagtes oor ‘n boek wat jy gelees het.

Lynelle.elanglobalradio@gmail.com

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

Frikkadel Bolognaise

August 2, 2019

1/1
Please reload

Recent Posts

November 22, 2019

November 22, 2019

August 24, 2019

August 2, 2019

Please reload

Archive